finansiële adviseurs | saam met jou: end-uit

 
 
 
 

Inleiding

Die kern van gedragsfinansies is hoe irrasionele of emosionele faktore finansiële besluitneming beïnvloed. Individue moet bewus wees hiervan en hulle moet kan besef wanneer hulle hierdie foute gaan maak sodat voorkomende maatreëls getref kan word.

Sommige deelnemers in die finansiële dienste sektor is van mening dat om die “Financial Advisory and Intermediary Services Act (‘FAIS Wet’)” se vereistes na te kom, hulle net ‘n vorm hoef in te vul, die relevante blokkies te merk, ‘n risiko-analise te doen en die korrekte beleggingsbesluit te neem.

Dit is egter nie so eenvoudig nie. Om misverstande met beleggingsdoelwitte- en besluite te voorkom moet ‘n finansiële adviseur ook ‘n individu se sielkundige samestelling oorweeg.

Sleutelinvloede

Individue se kognitiewe en emosionele toestand en sosiale omgewing beinvloed beide die manier hoe hulle dink en hulle persoonlikhede. Gedragsfinansies gaan nie oor hoe ‘n belegger moet optree nie, maar eerder hoe hy wel optree. Hulle aksies is nie altyd rasioneel nie. Die brein is gekoppel soos ‘n rekenaar en individue maak staat op sekere gebeure in hulle omgewing om spesifieke inligting te verkry.

Eerstens maak ‘n individu besluite instinktief of deur logika en redenering. Die meeste besluite in alledaagse aktiwiteite word instinktief gemaak omdat individue nie stop en dink voor elke aksie wat hulle neem nie.

Die gebruik van logika lei egter nie altyd tot die regte besluit nie. Individue het kennis, ervaring en tyd nodig om ‘n goeie besluit te neem. Byvoorbeeld, as ‘n hulle in ‘n goeie bui is is hulle geneig om minder rasionele besluite te neem. Ander emosies soos woede, trots, spyt, blydskap en jaloesie kan ook ‘n wesenlike invloed hê wanneer finansiële besluite gemaak word.

Individue moet dus oefen om minder op emosies staat te maak wanneer finansiële besluite geneem word. Dit is egter nie altyd so maklik nie omdat hulle emosies daar is om hulle selfbeeld en emosionele gesondheid te beskerm.

Sosiale invloede soos groepsdruk kan daartoe lei dat individue advies vat van “beleggingsbesprekings”. Die goue reël wanneer u luister na hierdie “besprekings” is om die advies te ignoreer as daar van onrealistiese gewaarborgde opbrengse van 30% of meer gepraat word. Hierdie opbrengse is meestal te goed om waar te wees en dit kan lei tot teleurstelling of selfs finansiële ondergang op die langtermyn.

Algemene foute

Daar is sekere sistematiese foute wat individue maak wanneer hulle besluite oor geld maak. Individue kan hulleself beskerm deur hierdie foute te identifiseer en weg te bly van emosionele “triggers”.

Die volgende advies kan in gedagte gehou word:

  • Moenie ‘n beleggingsbesluit maak op dieselfde dag as wat ‘n baie groot gebeurtenis in u lewe plaasvind nie, want dit kan veroorsaak dat u emosioneel optree;
  • Neem die inligting uit die konteks waarin dit aangebied word omdat beleggingsaanbiedings skynbeelde kan veroorsaak. ‘n Verkoopsman sal selde vir u vertel wat die produk nie is nie. Hy sal eerder die produk in ‘n baie nou raamwerk plaas deur net vir u van die voordele te vertel. U besluit mag egter verander indien hierdie raamwerk verander en u meer inligting oor die produk inwin.
  • Besef die krag van bemarking. Wanneer u finansiële adviseur u van advies voorsien, maak seker dat hy/sy weet wat u verwysingsraamwerk is. Dit bepaal hoe u probleme en beleggingsprodukte aanspreek. As die finansiële adviseur u behoeftes verstaan verminder dit die kanse dat ‘n misverstand kan voorkom of dat u geld in ‘n onvanpaste belegging geplaas kan word. ‘n Voorbeeld hiervan is wanneer ‘n individu aanneem dat omdat ‘n maatskappy twee Raging Bull beleggingsbestuur toekennings gekry het, sy fondse goeie beleggings sal wees. Dit is nie altyd die geval nie.
  • Individue raak baie emosioneel wanneer hulle verloor en dit staan bekend as risiko aversie. Hulle mag moontlik aan ‘n swak belegging vasklou net om te probeer gelykbreek. Deur aan die belegging vas te hou vermy hulle spyt, maar hulle aanvaar ook nie verantwoordelikheid vir hulle fout nie.
  • Wees bewus van u verstandrekeningkunde gewoontes. Mense hanteer hard-verdiende geld konserwatiewelik terwyl hulle “toevallige inkomstes” meer aggressief sal hanteer.
  • ‘n Algemene kognitiewe fout is verankering, waar beleggers regied raak oor idees. Gereeld word ‘n beleggingsproduk verkoop met ‘n geprojekteerde waarde wat gebaseer is op faktore wat tydens die verkoop geld (soos inflasie). Die geprojekteerde waarde is gebaseer op die aanname dat u nie die belegging sal afkoop voor die vasgestelde datum nie. Beleggers kan so vas raak op hierdie geprojekteerde waarde en wanneer die belegging dan uiteindelik uitbetaal kan dit lei tot uiterste teleurstelling, as faktore soos rentekoerse wesenlik verander het sedert die aanvang van die belegging.

‘n Voorbeeld hiervan is ‘n persoon wat ‘n eiendom gekoop het vir R400,000 en ‘n eiendomsagent waardeer die eiendom teen R1,5 miljoen op ‘n latere stadium. ‘n Paar maande na die waardasie kry die persoon ‘n aanbod om te koop vir R1,2 miljoen. Die tipiese reaksie sal wees ‘n teenstrydigheid om te verkoop, ten spyte van die feit dat hy ‘n stewige wins gemaak het. In hierdie geval is die belegger geanker op die syfer van R1,5 miljoen.

Gevolgtrekking

‘n Individu sal op die langtermyn beter af wees as hy/sy nie hom/haar anker op historiese pryse, persepsies of waardes nie.

Kontak ons gerus as u meer inligting oor hierdie aspek van beleggings benodig, of as u u beleggings wil hersien.